1. INLEIDEND
Meneer tussen ek en jy meneer, wie gaan nou dan die wa dan smee meneer? Die vraag is eintlik wie doen die werk, wie kyk en gee opinies en wie maak die verskil? Party verhale begin stil-stil en eindig op ‘n hoogtepunt…ander eindig met ‘n stortkop. Iewers tussenin sien mens die verskil. Kom ons kyk hoe lyk leiers met karakter!
2. LEIERSKAP KWALITEITE
Ons het besef dat leierskap ‘n tema is wat almal iets oor te sê het, maar moeilik om al hierdie idees te implimenteer. In die volgende paar paragrawe deel ons die verhale van mense wat ‘n verskil maak, iets verstaan van netwerke en sisteme en hul leierskap laat geld.
2.1. UITSTAANDE LEIERS BLY POSITIEF, SELFS IN DIE SLEGSTE VAN OMSTANDIGHEDE.
Elon Musk se verhaal wat begin in Pretoria en lees soos ‘n roman. Dit is belangrik om die omstandighede te omskryf wat hom gevorm het tot waar hy vandag is. Dit was geen ideale prentjie nie. Pretoria in 1971, ouers wat skei en boelies wat jou oorlewings strategie op hoërskool tot die uiterste beproef. In terme van die SISTEEM teorie, moes hy homself hier buite verwyder…en MARS word sy nuwe droomwêreld, want die bestaande sisteem sou hom versmoor. Die “DENDRITES” of tentakels van die deeltjies van ons brein wat netwerke illustreer van positiewe verhoudings. Wat ons hier onder sien, lyk soos die netwerk van planete en sterre in die buitenste ruimte en tog is dit die mikro wêreld van ‘n gesonde brein. Positiwiteit word die energie wat karakter illustreer. Gebruik die lesse wat jy leer om momentum te kry aan aksie stappe vir positiewe denke!

2.2. LEIERS MET KARAKTER ILLUSTREER SELFVERTROUE WAAR HULLE OOKAL OPTREE.
Daars ‘n verskil tussen self-tevredenheid en arrogansie. Ons moet leer om kalm te bly in moeilike omstandighede. Fokus op potensiaal en nie die negatiewe sogenaamde werklikhede nie. Identifiseer 10 opwindende doelwitte en werk daaraan.
2.3. AI, KOM ONS LAG NET ‘N SLAG!
Van die grootste uitdagings is om te leer lag vir jouself. Veral as dinge skeef loop…en dit sal! Jou spanlede gaan jou veral soek wanneer die situasies die moeilikste is in jul werks omstandighede. Produktiwiteit neem af as mense sonder humor en energie raak en daarom is dit belangrik om gereeld situasies wat humor bevorder raak te sien.
2.4. BRILJANTE LEIERS KYK UITDAGINGS IN DIE OË.
By iALA het ons hierdie maand aandag gegee aan veldkennis en bewaring. Ons spandeer tyd saam met Andre Britz en Monica Vicario wat die afgelope 5 jaar hul kennis deel met die iALA studente. Ons kuier gereeld in die Klein Karoo en die GCBR (Gouritz Cluster Biosfeer Reservaat), se inisiatiewe is absoluut verreikend met die “Jobs 4 Carbon” projek wat onder hul toesig die lig gesien het Daar ontmoet ons vir Liz Eglington wat die brein agter “BLUE SKY Organics” is. Liz wat in 2005 die “Vroulike boer van die Jaar word”, maak dit haar besigheid om organiese boerdery te implimenteer (www.blueskyorganics.co.za). Dan is daar die entrepreneur boer Pieter Coetzee wat saam met sy vrou die Mount Rouge Olive Estate laat wortel skiet het in die vrugbare alluviale grond van die Grootrivier naby Vanwyksdorp (www.montrougeolives.com). Wat ‘n belewenis!
2.5. LEIERS WAT SAAKMAAK GEE NIE OPDRAGTE NIE, HULLE LUISTER EN GEE TERUGVOER!
Mmmm..m. Dis ‘n moeilike een! ‘n Goeie leier moet altyd behoorlik kan kommunikeer. Al daai mal idees in jou eie kop klink so belowend, maar verduidelik dit so dat ander opgewonde raak daaroor? ‘n Leier met ‘n leerbare gees, kan ander se idees absorber in sy eie doelwitte en strategie. Ons moet kan luister en aanpassings maak, sodoende motiveer ons mense wat saam met ons werk dat hul idees ook belangrik is.
2.6. LEIERS MOET KAN DELIGEER
Doen wat jy goed kan doen en leer om ander se talente en gawes raak te sien. Mense in jou span sal ook opgewonde kan raak oor die dinge waarvan hulle hou as hulle die kans gegun word om te implimenteer wat hulle voorstel. Motiveer gerus deur aanmoediging! Kom ons lyk na ons jag ekspedisie as voorbeeld;
Onder Toornberg (Tussen Willowmore en Graaff Reinett), sien ons hoe die son ligspeletjies op ons teleskoop speel wanneer ons studente hul veldkennis toepas. Die bok van ‘n leeftyd word geskiet. Weke se voorbereiding, skietkuns, veldkennis en etiese jag as riglyn, sit ons in ‘n koue Karoo veld voor sonsopkoms. Teen laatmiddag is ons oorgelewer aan ‘n “Maccie” van Bishops (Macdonald nogals) wat sy Skotse herkoms uit tokkel op die kitaar langs die doringhoutvuur as die hadidas hul slaapplek uitskreeu. Gelukkig is die note nie so vals soos die Giant Kingfisher wat sy maat vol belofte kooi toe roep nie!
Die termyn se tyd is besig om uit te loop. Die netwerk van emosie, ervaringe en kennis is besig om soos dryfhout stroomaf te skuifel. Dit word kompos vir die tuin van die toekoms wat voorlê. Ek wil hierdie skrywe afsluit met ‘n belangrike neorologiese waarneme. Almal het nie gejag nie, aar elkeen kon iets doen wat hom-of-haar betekenis gee.
2.7. LEIERSKAP HELP DAT ANDER MENSE OOK ONTWIKKEL
UCLA neuroscience researcher Alex Korb explains about happiness and leadership:
Everything is interconnected. Gratitude improves sleep and sleep will reduces pain. Reduced pain improves your mood. Improved mood reduces anxiety, which improves focus and planning. Focus and planning help with decision making. Decision making further reduces anxiety and improves enjoyment. Enjoyment gives more to be grateful for, which keeps that loop of the upward spiral and happiness going. Enjoyment also makes it more likely you’ll exercise and be social, which, in turn will make you happier.
Om mense gelukkig te sien is om hulle te help met persoonlike ontwikkeling. Hierdie een enkele ingesteldheid verbeter atmosfeer en houding…en “DIT” omskryf ‘n “SUKSES”…houding!

2.8. LEIERS KAN NIE HUL VERANTWOORDELIKHEID AFGEE NIE. HULLE KAN OOK NIE ANDER BLAMEER VIR FOUTE NIE.
Ons het met hartseer gesien hoe mense se eiendomme en hul lewens vernietig word in die brande om Knysna. Die Johnson gesin se verhaal sal my vir lank bybly…en dankbaar laat oor dit wat ons gesin het! Geniet jou kind by die huis, gee tyd vir omgee…! MAAR, wat gaan ons anders doen noudat ons sien hoe vinnig die lewe ‘n ander wending kan inneem?
2.9. LEIERS MOET LESSE LEER EN NUWE BESLUITE ANDERS KAN NEEM.
Leiers moet kan luister en leer. Daarsonder is die toekoms ‘n dooie punt sonder hoop. Een van my kinders moes ‘n taak doen oor museums. Wat leer ons in museums? Nie wat mense doen nie maar HOEKOM hulle dit doen! Versigtig nou, wat is die motief?
2.10. LEIERS BEHOORT NET HUL BES TE DOEN EN TE LEI DEUR HUL VOORBEELD.
Die ou afrikaanse spreukwoord is “belofte maak skuld”. Dis dalk oorgelewer, maar bly ‘n waardevolle spreukwoord. Watter leiers onthou jy wat nog by hul beloftes hou? Deursettings vermoë en waagmoed begin by jou as leier. Vat ‘n kans, kyk op en gee die pas aan!
Nagsê, dis tyd vir ons winter rus en ons sien julle aan die stertkant van Julie.
Groete
Oupoot