Gebeure

Sterrehemele en lewensveranderende gesprekke rondom ’n kampvuur

iALA bied ’n jeugkamp aan waar jy meer sal leer oor jouself, jou geloofsoortuigings en jou waardes deur aan avontuuraktiwiteite deel te neem saam met ander studente van regoor Suid-Afrika. Deur ’n Christelike benadering te gebruik, sal ons meer leer oor onsself, ons medemens, die natuur en God.

Wat om te verwag

Gedurende jou 8 dae op kampus sal jy leer hoe om branderplank te ry, navigasie te doen, op staptogte gaan, swem in die berge, asook ‘paintball’ speel. Die avontuur eindig met vlotbou en ander ervaringsleeraktiwiteite.

Oggende begin met ontbyt om 07H00, gevolg deur fiksheid om 08H00 en dan die res van die daaglikse program. Ons sal iets te ete aanbied om 13H00 en die dag afsluit met aandete om 19H00. Ouers kan sakgeld voorsien, maar niks meer as R500 nie. Ons sal jou leer begroot ook!

Waar dit gebeur

Die program vind plaas in die veilige omgewing van Stilbaai. Studente sal in tente slaap onder die wakende oë van die kampleiers. “Huisreëls” sal sterk toegepas word.

Hoe

Alle studente sal in George opgelaai word. Studente kan invlieg, ter bus arriveer of afgelaai word by ons kampus in Stilbaai. Studente sal weer terug geneem word na die busstop of George lughawe. Ouers wat hul kinders direk by die kampus wil afhaal, is welkom om dit te doen.

WINDPOMP SJERRY CHALLENGE

This event is a mountain biking experience scheduled for the 21nd of December 2019. We are proud to say that this healthy lifestyle event accommodates the whole family. The easy 25km to the hardcore 90 roads all lead to the fountain of Jongensdal.

This event is the initiative to applaud what the farmers do for us in the Southern Cape (Well they give us food everywhere in South Africa)

Kliek vir die webtuiste!

KONFERENSIE FASILITEITE

Ons pragtige kampus in Stilbaai kan ook as konferensie fasiliteite verhuur word of vir akkommodasie deur kerke, kampe, groepe en families.

Sien ’n lys van ons beskikbare kamers hieronder.

CARPE DIEM SELFSORGEENHEID

VANAF: R 550.00 per persoon wat deel.

Carpe Diem is ’n toevlugsoord vir die siel wat reis-moeg is; geleë in die stilste gedeelte van Stilbaai, aan die oewer van die Goukou-rivier. Dit is ’n ideale vakansieplek, wat ook vir klein konferensies voorsiening maak deur gaste te bederf met ’n drie-ster selfsorgeenheid.

Slaap 21 mense in drie kamers (Konferensie vir jeugkampe).

R1 500.00/nag lokaal-fooi en R100.00p/p vir groepe groter as 10.

Ten volle toegeruste kombuis en lapa beskikbaar, insluitend DSTV en ’n platskerm in die konferensiefasiliteite.

HAPPY HALLOW

R 550.00 per paartjie.

Hierdie groot, oopplan woonstel het ’n sitkamer, kombuis en slaaparea met ’n dubbelbed en slaapbank. Die badkamer het ’n bad en buitestort vir die dapperes.

Die braai-fasiliteite is binne loopafstand van die perdekamp en rivier.

Dit is ’n private woonstel met ’n aparte ingang.

Geen TV-fasiliteite beskikbaar nie.

(Bykomende R250.00 vir ’n derde persoon).

REED BEDS

R1 350.00 vir die eerste drie gaste.

Hierdie groot huis kan tot agt gaste akkommodeer. Dit beskik oor ’n dubbele slaapkamer met ’n badkamer, drie enkelbeddens en ’n groot badkamer met ’n stort.

’n Groot, oop ruimte huisves die braai-area en ten volle toegeruste kombuis.

Die fasiliteit is heeltemal privaat met ’n parkeerterrein en ’n muntaangedrewe, industriële wasmasjien.

R180.00 p/p ekstra vir meer as drie gaste.

KLIPHUIS

R2 250.00 vir die eerste drie gaste.

Hierdie historiese huis kan tot agt gaste akkommodeer en beskik oor ’n dubbelbed met en-suite badkamer, drie enkelbeddens en ’n losstaande badkamer met ’n stort.

Dit sluit ook ’n braai-area en ten volle toegeruste kombuis in.

R250.00 p/p ekstra vir meer as drie gaste.

MEISIESWOONSTEL

VANAF R250.00 per persoon wat deel.

Hierdie gesinseenheid kan tot vier gaste akkommodeer.

Dit beskik oor ’n badkamer, ’n klein kombuis en ’n slaapkamer met twee enkelbeddens en ’n stapelbed.

iALA | Conference Facilities